Ek is die eienaar van hierdie plaas

Tog kon [Rachel Cinana] in die afgelope sewe jaar stadig maar seker haar kudde laat groei en kon sy daarin slaag om waatlemoene, soetpatat en beet aan te plant, vir gebruik deur haar gesin en om op Maltahöhe te verkoop. Maar wat nog meer belangrik is vir haar, is dat sy op hierdie stukkie grond, so...

Full description

Published in: Sister Namibia Vol. 20; no. 1; p. 20
Main Author: Erika von Wietersheim
Format: Magazine Article
Language: Afrikaans
Published: Windhoek Sister Namibia 03-01-2008
Online Access: Get full text
Summary: Tog kon [Rachel Cinana] in die afgelope sewe jaar stadig maar seker haar kudde laat groei en kon sy daarin slaag om waatlemoene, soetpatat en beet aan te plant, vir gebruik deur haar gesin en om op Maltahöhe te verkoop. Maar wat nog meer belangrik is vir haar, is dat sy op hierdie stukkie grond, so klein en droog soos wat dit is, beheer het oor haar lewe. Voor hervestiging het sy op 'n kommersiele plaas gewerk. "[Ek] was bly vir die werk," se sy, "maar ek kon nie my lewe beplan nie. Ek was afhanklik en nooit seker wat met my en my kinders sou gebeur die dag wat ek te oud vir werk sou wees." Die diepgewortelde wens om vir die res van haar lewe 'n veilige hawe te hê, 'n piek waar sy die verantwoordelikhede en risikos kon dra, was veel grooter as om vir 'n paar ekstra jaar 'n veilige werk te hê. Halifax het ook voorheen aan 'n blanke boer behoort. Maria Witbooi het in 1996 om hervestiging aansoek gedoen en kort daarna 'n stukkie grond ontvang. Sy het op 'n veepos gaan woon en moes haar eie huis bou. Sy was nog altyd 'n entoesiastiese boer. "Ek weet wat bokke en skape nodig het en ek weet hoe om huile te behandel," verduidelik sy. Voorheen het sy op kommunale grond verder suid gewoon, en met sowat 50 bokke geboer. Maar dit was moeilik en frustrerend om haar passie vir boer daar uit te leef. "Daar was nie kampe nie en ek moes aanhoudend agter my skape hardloop," onthou sy. "Toe ek ouer word kon ek dit nie meer doen nie. Ek het besluit om aansoek te doen om hervestiging sodat ek kleiner kampe kon hê en dus ook beter beheer oor my diere." Sy het ook glad nie gehou van die propvol toestande in die kommunale gebied nie. "Ons het bo op mekaar geleef en dit het baie probleme veroorsaak. Mense het gestry."
ISSN: 1026-9126