Sekai Holland--mishandel deur Mugabe se skurke.(VROUE IN ZIMBABWE)

In 'n stadium het een van die aanranders die kamer verlaat en is deur 'n ander teruggeroep. "Wat van haar bene?" wou hy weet. Die man het toe 'n instrument gebruik waarmee hulle haar been gebreek het. Daarna het hulle haar gedwing om op te staan en op die gebreekte been rond...

Full description

Published in: Sister Namibia Vol. 19; no. 3; pp. 24 - 25
Main Author: Holland, Deur Jim
Format: Magazine Article
Language: English
Afrikaans
Published: Windhoek Sister Namibia 07-01-2007
Online Access: Get full text
Summary: In 'n stadium het een van die aanranders die kamer verlaat en is deur 'n ander teruggeroep. "Wat van haar bene?" wou hy weet. Die man het toe 'n instrument gebruik waarmee hulle haar been gebreek het. Daarna het hulle haar gedwing om op te staan en op die gebreekte been rond te spring. Eers toe hulle tevrede was dat hulle wel die been gebreek het, het hulle die vertrek verlaat. Teen die tyd wat die hof die polisie gedwing het om die beseerdes vir mediese behandeling te neem, is aanvanklik gedink dat sy 'n gebreekte arm en voet gehad het met groot kneusplekke oor die grootste deel van haar liggaam. [Hulle] het eers later vasgestel dat dit inderdaad haar been was wat gebreek is en nie haar voet nie en dat sy ook drie gebreekte ribbes gehad het en dat haar knie gebreek was. [Sekai] en haar mede-MDC-aktivis, Grace Kwinjeh, sou volgens plan die Saterdag van die volgende naweek vanaf die hospitaal in Harare met 'n vliegruig Suid-Afrika toe geneem word waar die atmosfeer kalmer en veiliger is en waar die mediese geriewe beter is as in Zimbabwe. Reelings is getref vir hulle om met die vliegtuigambulans vanaf Harare lughawe na Johannesburg te vlieg. Toe die amblulans egter langs die vliegruig op die aanloopbaan stop, is hulle deur lede van die Sentrale Intelligensie-organisasie verbied om aan boord te gaan. Besprekings met ons regsverteenwoordiger het gevolg, maar hy is ingelig dat die beseerde vroue 'n klaringsbrief van die ministerie van gesondheid nodig het alvorens hulle die land mag verlaat. Dit was egter 'n totale liegstorie aangesien daar geen voorsiening in die wet of die praktyk hiervoor gemaak word nie. Die ambulans is opdrag gegee om onder polisiebegeleiding na die sentrale polisiestasie te gaan.
ISSN: 1026-9126