Maria Kapere: lei die Raad van Kerke in Namibie

Om die Algemene Sekretaris van 'n kerkliggaam te word, of selfs net 'n pastoor, was nooit deel van Maria Kapere se toekomsdrome nie. Nadat sy haar hoërskoolloopbaan aan die Sekondêre Skool St. Theresa in Tses in die suide voltooi het, het sy in Maatskaplike Werk aan die Universiteit van di...

Full description

Published in: Sister Namibia Vol. 21; no. 3; pp. 20 - 21
Main Author: Wietersheim, Deur Erika von
Format: Magazine Article
Language: English
Afrikaans
Published: Windhoek Sister Namibia 09-01-2009
Subjects:
Online Access: Get full text
Summary: Om die Algemene Sekretaris van 'n kerkliggaam te word, of selfs net 'n pastoor, was nooit deel van Maria Kapere se toekomsdrome nie. Nadat sy haar hoërskoolloopbaan aan die Sekondêre Skool St. Theresa in Tses in die suide voltooi het, het sy in Maatskaplike Werk aan die Universiteit van die Wes-Kaap in Suid-Afrika gaan studeer. Haar droom het egter buite bereik gebly aangesien sy weens die studente-onluste haar studies moes kortknip en terugkeer na Namibië voor sy haar graad kon voltooi. In 1978 is sy aangestel as onderwyseres by die Primêre Skool Minna Sachs in Keetmanshoop en het later deur die Rössing Stigting by die Primêre Skool Arandis onderrig. In die tyd het sy 'n prominente lid van SWAPO se [Raad] van Vroue geword, en is sy in 1987 as gevolg van haar politieke aktivisme gedwing om uit die onderwys te bedank. Ten spyte daarvan dat die lewe haar in politiek ingedwing het, het [Maria] nooit haar betrokkenheid in die gemeenskap gestaak nie. [Sy] het 'n baie aktiewe evangelis in haar kerk geword, en het spesifiek uitgereik na vroue en die jeug. Haar geestelike integriteli en sterk leierskap eienskappe was opmerklik in die kerk. "Tydens 'n konferensie het die biskoop my meegedeel dat die kerk 'n pastoor benodig en dat hy die potensiaal in my sien." Op daardie Stadium was dit baie uitsonderlik vir 'n vrou om 'n pastoor te word. 0ns kerk het 30 pastore gehad en net een van hülle was 'n vrou." Maria het gehoor gegee aan die versoek van die biskop en is tot die bethening toegelaat as '? leerling pastoor en het in 2004 'n pastoor geword van die St. Gustav AME kerk in Okahandja. Twee jaar later is sy aangestel as 'n pastoor in die Ebenezer AME Kerk in Katutura en het sy uit die politiek getree. Wat die toekoms betref, is Maria vol vertraue dat sy baie sal put uit die ondervinding wat sy as staatsamptenaar opgedoen het om haar te help om aan die hoof te staan van 'n reuse organisasie soos die CCN, om die personeel te bestuur en aksieplanne te ontwikkel en uit te voer. "[Ek] beskik oor die ondervinding en sal dit gebruik," het sy benadruk. Haar hoofdoel is om opleidingseminare en byeenkomste te reel waar pastore sowel as lidmate kan leer van die ware betekenis van die bevrydende mag van die Christelike geloof sodat hulle kan help bou aan '? sterk en vreedsame gemeenskap wat vry is van enige vorm van diskriminasie en onderdrukking. "Ek dink dit was God se wil dat ek in hierdie posisie aangestel is, en nou moet ek die uitdaging aanvaar, wat inderdaad '? reuse uitdaging is!"
ISSN: 1026-9126