Die relevansie van taalwetenskap vir spraak-taalterapeute

Taalwetenskaplike studies van kliniese verskynsels kan sowel praktiese as teoretiese probleme aanspreek. Taalwetenskaplike analises en beskrywings van die simptome van taalafwykings kan lig werp op verskeie praktiese probleme wat spraak-taalterapeute (STTe) ondervind tydens die kliniese prosesse van...

Full description

Published in: Stellenbosch papers in linguistics plus Vol. 32; no. 1; pp. 1 - 20
Main Author: Van Dulm, Ondene
Format: Journal Article
Language: Afrikaans
Published: University of Stellenbosch 01-01-2003
Stellenbosch University
Subjects:
Online Access: Get full text
Summary: Taalwetenskaplike studies van kliniese verskynsels kan sowel praktiese as teoretiese probleme aanspreek. Taalwetenskaplike analises en beskrywings van die simptome van taalafwykings kan lig werp op verskeie praktiese probleme wat spraak-taalterapeute (STTe) ondervind tydens die kliniese prosesse van evaluasie, klassifikasie en remediëring. Só sal STTe byvoorbeeld kan baat by 'n teoreties-gefundeerde klassifikasiestelsel vir afasie-lyers, waar die aard van die onderliggende oorsaak van die waargenome taaluitvalle in ag geneem word, en waar die mees doeltreffende terapeutiese aktiwiteite geïmpliseer word. Wat teoretiese vraagstukke betref, kan insigte verkry deur die kliniese toepassing van taalwetenskaplike teorieë tot groot vordering in die verfyning van sulke teorieë lei, om sulke teorieë meer akkuraat te maak in hul verklaring van verskynsels van taalontwikkeling en -gebruik. As daar byvoorbeeld gekies moet word tussen kompeterende taalwetenskaplike teorieë oor die aard van spesifieke taalgestremdheid (STG), moet die verklaringsvermoë van die teorieë in die kliniese situasie in ag geneem word.
ISSN: 1726-541X
2224-3380
DOI: 10.5842/32-0-21