Veranderinge in adverbiale tydsverwysing in Afrikaans van 1911 tot 2010

Die tempussisteem van Afrikaans is heelwat vereenvoudig in vergelyking met dié van Nederlands, waaruit dit ontwikkel het, en daarom maak sprekers en skrywers van Afrikaans ook staat op verskeie ander maniere om gebeurtenisse of situasies in tyd deikties te anker, soos adverbia van tyd (byvoorbeeld &...

Full description

Published in: Tydskrif vir geesteswetenskappe Vol. 56; no. 1; pp. 45 - 61
Main Author: Kirsten, Johanita
Format: Journal Article
Language: Afrikaans
Portuguese
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Subjects:
Art
Online Access: Get full text
Summary: Die tempussisteem van Afrikaans is heelwat vereenvoudig in vergelyking met dié van Nederlands, waaruit dit ontwikkel het, en daarom maak sprekers en skrywers van Afrikaans ook staat op verskeie ander maniere om gebeurtenisse of situasies in tyd deikties te anker, soos adverbia van tyd (byvoorbeeld "toe", "gister", "oormôre") en setselgroepe (byvoorbeeld "in die aand"). Terwyl die tempusstelsel van Afrikaans min opsigtelike verandering toon sedert die standaardisering van Afrikaans, staan sake anders wat die adverbiale elemente se rol in temporele verwysing betref. Die frekwente woorde "nou", "toe" en "dan" verrig verskeie funksies, waarvan temporele verwysing 'n belangrike deel uitmaak. Hierdie artikel ondersoek eerstens die gebruike van die adverbiale gebruike van "nou", "toe" en "dan" in diachroniese korpusse van Afrikaans wat vier periodes (1911-1920, 1941-1950, 1971-1980, 2001-2010) dek, met ongeveer 261 000 woorde per periode. Die gebruike van hierdie woorde toon sterk tekens van verandering, en spesifiek "nou" en "dan" toon 'n radikale vermindering van gebruike. In die tweede plek word moontlike verklarings vir die veranderinge rondom hierdie woorde in die korpus gesoek. 'n Toename in die gebruik van 'n aantal meer spesifieke temporele adverbia (byvoorbeeld "terwyl", "wanneer") dui aan dat adverbiale temporele verwysing se funksionele lading versprei het. Dit sluit ook aan by die groter sosio-kulturele konteks van Afrikaans, wat aanleiding gegee het tot toenemende standaardisering en verformalisering van Afrikaans deur die loop van die twintigste eeu.
ISSN: 0041-4751
2224-7912
DOI: 10.17159/2224-7912/2016/v56n1a4