uar daftcna an muancftcna an afrikaans

In hierdie artikel word verslag gelewer van tentatiewe gevolgtrekkings wat gemaak is oor die Afrikaanse vokaalsisteem n.a.v. van 'n rekenaargerugsteunde akoesties-perseptiewe ontleding wat gemaak is van die vokaalsisteme van twee sprekers wat n.a.v. huidige kriteria as sprekers van Standaard-Af...

Full description

Published in: SA journal of linguistics = SA tydskrif vir taalkunde Vol. 5; no. 1; pp. 68 - 99
Main Author: Klopper, R M
Format: Journal Article
Language: Afrikaans
Published: Taylor & Francis Group 01-01-1987
Online Access: Get full text
Summary: In hierdie artikel word verslag gelewer van tentatiewe gevolgtrekkings wat gemaak is oor die Afrikaanse vokaalsisteem n.a.v. van 'n rekenaargerugsteunde akoesties-perseptiewe ontleding wat gemaak is van die vokaalsisteme van twee sprekers wat n.a.v. huidige kriteria as sprekers van Standaard-Afrikaans getipeer sou kon word. Die ontleding is gedurende 1985 aan die Linguistics Laboratory van University of Pennsylvania gemaak met die hulp van John Myhill en Franz Seitz. Die eerste gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die Afrikaanse vokale /e:/, /ø:/, /o:/ en /a:/ wat tans as lang monoftonge gereken word, in der waarheid diftonge is, en dat dieselfde gevolgtrekking waarskynlik geld vir al die sogenaamde lang vokale van Afrikaans. Die tweede gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die vokaalsisteme van die twee sprekers wie se taalgebruik ontleed is, kenmerkende konfigurasies vorm wat die sprekers van mekaar onderskei. Daar word verder aangedui dat omvattende taalstudies wat tans binne gemeenskapsgrammatikaverband in die VSA uitgevoer word, aandui dat sosiale en streeksdialekte deur sulke onderskeidende vokaalkonfigurasies gekenmerk word. Daar word verder aangevoer dat die beskryf van die lekte van Afrikaans gewis sou baat by die samehangende ontleed van vokaalkonfigurasies in stede daarvan dat die bestudering van variasie op lukraak eksemplariese vlak bly vassteek, of dat vokale met verwysing na 'n abstrakte, onderliggende sisteem getipeer word. Die derde gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die vokale /e:/ en /o:/ se uitspraak in Kaapse Afrikaans, soos in [vit] "weet", en in [bu] "bo", nie neerkom op vokaalverhoging (in vergelyking met die uitspraak van Standaard-Afrikaans) soos wat algemeen aanvaar word nle. 'n Akkurater vergelyking sou wees om te sö dat sommige vernakularsprekers van Kaapse Afrikaans slegs die monoftonge [i] en [u] gebruik, dat ander sprekers die genoemde monoftonge afwisselend naas die diftonge [ia] en [ua] gebruik in teenstelling met Standaard-Afrikaans waarin slegs diftonge gebruik word. Die laaste gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die hoë abstraktheidsgraad van hedendaagse fonologieteoriee deels daaraan te wyte is dat daar gepoog word om panlektiese grammatikas van bepaalde tale d.m.v. subjektiewe formulering te beskryf, en dat die mate van abstraktheid beperk kan word indien werklik gehoorde taal sistematies binne gemeenskapsgrammatikaverband beskryf word.
ISSN: 1011-8063
DOI: 10.1080/10118063.1987.9724245