Die invloed van die voginhoud op die dopbaarheid van sonneblomsaad

Die voginhoud van sonneblomsaad (Helianthus annuns L.) wat vir persing gebruik word, wissel tussen 5.5% (ongeveer die laagste inhoud waartoe saad natuurlik droog) en 10% (die hoogste toelaatbare inhoud vir berging). Die doel van die ondersoek was om vas te stel hoe die voginhoud van twee saadmonster...

Full description

Published in: South African journal of plant and soil Vol. 16; no. 2; pp. 64 - 68
Main Authors: Nel, A. A, Loubser, H. L, Hammes, P. S
Format: Journal Article
Language: Zhuang
Afrikaans
English
Published: Taylor & Francis Group 01-01-1999
Taylor & Francis
Subjects:
Online Access: Get full text
Summary: Die voginhoud van sonneblomsaad (Helianthus annuns L.) wat vir persing gebruik word, wissel tussen 5.5% (ongeveer die laagste inhoud waartoe saad natuurlik droog) en 10% (die hoogste toelaatbare inhoud vir berging). Die doel van die ondersoek was om vas te stel hoe die voginhoud van twee saadmonsters wat natuurlik droog die dopbaarheid beinvloed, met die spoed van die dopper gestel vir minimalisering van ongedopte saad plus fynmateriaal. Die saad van twee kultivars wat by Heilbron gedurende 1996/97 gekweek is, is gebruik. Die saad is gelaat om natuurlik te droog en ontdopping is met tussenposes met 'n laboratoriumdopper uitgevoer. Die resultate toon dat droer saad 'n laer dopperspoed as natter saad vereis. Dopbaarheid het van 88 tot 95% toegeneem met 'n saadvogafname van 9.5 tot 5.7%. Terselfdertyd het die produksie van fynmateriaal, wat 'n verlies aan olie en protei'en meebring, vir die twee monsters verskillend toegeneem. Indien die verlies van fynmateriaal voorkom kan word, sal ontdopping die hoogste wees by die laagste moontlike voginhoud.
ISSN: 0257-1862
2167-034X
DOI: 10.1080/02571862.1999.10634848